Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751
Resumen
DREYER, Johan y VAN DER WALT, Kobus. Boosheid in die mens: "Tot stof sal jy terugkeer". Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.2, pp.246-261. ISSN 2224-7912. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n2a5.
Daar is oortuigende argumente waarom kontemporêre natuurwetenskaplike waarnemings die beste verklaar kan word as dit binne 'n paradigma van 'n almagtige Skepper geïnterpreteer word. Tog is daar wêreldwyd by die hoofstroomnatuurwetenskaplikes groot teenkanting daarteen. In hierdie artikel word die vraagstuk van normatiewe materialisme onder die loep geneem. 'n Analise van natuurwetenskaplike denkprosesse, sowel as wat die Bybel oor hierdie onderwerp sê, lei tot die gevolgtrekking dat die oorsprong van normatiewe materialisme in die mens se eiewillige aard geleë is. Om by voorbaat een van die moontlike verklarings vir empiriese waarnemings uit te sluit slegs omdat dit van 'n navorser se wereldbeeld verskil, verteenwoordig swak, ongeldige wetenskapsbeoefening. Ten spyte van die feit dat die natuur-wetenskap oorweldigend getuig van die teenwoordigheid en betrokkenheid van God, is daar steeds talle vraagstukke wat steeds nie deur óf natuurwetenskaplikes óf teoloë beantwoord kan word nie. Natuurwetenskaplikes wat strewe na integriteit in hul wetenskapsbeoefening, behoort alle moontlike verklarings vir empiriese data met 'n gelyke mate van respek en aandag te oorweeg in hul soeke na die waarheid.
Palabras clave : normatiewe materialisme; die wetenskaplike proses; induksie; deduksie; abduksie; kosmologie; God as skepper; wetenskaplike vooroordeel; wetenskaplike paradigmas; sonde.