Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751
Resumen
WIERENGA, Roné. "Gaan loop speel!": Die inchoatiewe niehoofwerk-woorde gaan en loop. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.2, pp.346-363. ISSN 2224-7912. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n2a10.
Aspektuele betekenis is dikwels meerduidig in Afrikaans, omdat die werkwoord nie verpligtend gemerk word vir aspek nie. Die inchoatiefaspek is 'n grammatikaalaspektuele betekenis wat die moment direk voor die aanvang, die aanvangsmoment self, of die moment direk ná die aanvang van 'n handeling of faseverandering uitlig. 'n Verskeidenheid strategies kan in Afrikaans gebruik word om die inchoatiefaspek uit te druk - een só 'n strategie is die gebruik van niehoofwerkwoordelike konstruksies. In hierdie artikel word gebruik gemaak van die Watkykjy!'-korpus, Taalkommissiekorpus en NWU-Kommentaarkorpus om die frekwensies en gebruikspatrone van gaan en loop as direkteskakelwerkwoorde in inchoatiefkonstruksies na te gaan. Die resultate van die korpusondersoek toon dat hierdie gaan- en loop-inchoatiefkonstruksies vormlik en struktureel ooreenkomstig is, maar dat daar semantiese nuanses is wat bewerkstellig word deur die keuse om gaan of loop te gebruik.
Palabras clave : aspek; gaan; inchoatief; ingressief; inseptief; konstruksiegrammatika; korpuslinguistiek; loop; niehoofwerkwoord; niehoofwerkwoordelike inchoatiefkonstruksies.