SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número3Parenting approaches of hearing mothers and fathers to children with hearing lossEmpowering secondary-school principals in Ethiopia to perform their instructional leadership roles more effectively índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

DU PLESSIS, Theo. Die opkoms van Suid-Afrikaanse Gebaretaal as Suid-Afrika se 12de amptelike taal. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.3, pp.585-614. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n3a11.

Op Woensdag, 19 Julie 2023 het die President van Suid-Afrika die 18de Grondwetlike Wysigingswetsontwerp bekragtig ingevolge waarvan Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SAGT) as Suid-Afrika se 12de amptelike taal verklaar word. Suid-Afrika was die sesde land wat in 1996 reeds wetlike erkenning aan sy gebaretaal verleen het, slegs vier jaar na die Verenigde Nasies se 1992 Verklaring oor die Regte van Persone wat aan Nasionale of Etniese, Godsdienstige en Linguistiese Minderhede behoort en drie jaar ná Suid-Afrika sy 1993-grondwet aanvaar het wat die politieke oorgangstydperk in Suid-Afrika ingelui het. Teenoor hierdie relatief "blitsige" erkenning staan die volle verampteliking van die taal in 2023 wat eers na verloop van 'n verdere 27 jaar (ná 1996) gerealiseer het. Dit laat onvermydelik die vraag ontstaan waarom laasgenoemde relatief langer geneem het en waarom die grondwetlike erkenning en verampteliking in die onderwys van 1996 relatief vinnig gebeur het. Hierdie vraag word ondersoek aan die hand van 'n vergelykende studie tussen die twee "eras van verampteliking" vanuit 'n taalbeleid- en -beplanningsraamwerk en teen die agtergrond van verwante internasionale gevallestudies. Die ondersoek bevind dat in beide gevalle DoweSA as gebaretaalkampvegter 'n sentrale rol gespeel het by die bereiking van die organisasie se oogmerke. Ook word bevind dat die relatiewe "spoed" van die eerste erkenning grootliks toegeskryf kan word aan die politieke tydsgees van die sogenaamde Mandela-era.

Palabras clave : Suid-Afrikaanse Gebaretaal; nasionale gebaretale; amptelike/wetlike erkenning; ampstaalerkenning; wetgewende proses; taalwetgewing; taalbeleid en -beplanning; taalaktivisme; instrumente van taalaktivisme; gebaretaalkampvegters; taalstryd; taalbewegings.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons