SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 número2NP van Wyk Louw (1906-1970) índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    HOFMEYR, Benda. Nie die einde van die wêreld nie: Eskatologie en tyd in Levinas. Tydskr. geesteswet. [online]. 2024, vol.64, n.2, pp.165-177. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2024/v64n2a2.

    In hierdie essay word die plek van eskatologie in Levinas se tydsbegrip krities onder die loep geneem. Daar word aangevoer dat Levinas se nadruklike aandrang in Totalité et infini (1961), naamlik dat eskatologie etiese verantwoordelikheid fasiliteer, nie onafhanklik van sy konsep-tualisering van tyd verstaan kan word nie. Eskatologie in Levinas is nie die leer van die laaste dinge nie, maar die verklaring wat Levinas bied vir hoe 'n etiek van alteriteit daartoe in staat is om die mensdom teen die geweld van berekende rede en die druk van politiek en oorlog te beskerm. Hoe eskatologie presies hierin slaag, word uiteengesit aan die hand van Levinas se oorspronklike analises van die vorms en werk van tyd.

    Palabras clave : Levinas; etiese metafisika; etiek; Self; Ander; alteriteit; etiese verant-woordelikheid; eskatologie; tyd; diachronie; spoor; ipseïteit; illeïteit.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )