SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 número2NP van Wyk Louw's ideal of justiceRelativisation in the poetry of NP van Wyk Louw índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

BURGER, Annie. Verstaanbaar en bruikbaar, maar ook aangenaam? 'n Evaluering van verbruikers se ervaring met gewonetaaltegnieke. Tydskr. geesteswet. [online]. 2024, vol.64, n.2, pp.281-314. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2024/v64n2a8.

Die definisies van sowel die International Federation for Plain Language as die ISO Gewone Taal Standaard beklemtoon dat verstaanbaarheid en bruikbaarheid noodsaaklik is vir die skep van optimale gewonetaaldokumente. In hierdie studie voer ek egter aan dat daar 'n derde meetbare element van gewonetaaldokumente is wat 'n effek op die sukses daarvan het, naamlik die manier waarop die verbruiker die gewonetaaldokumente ervaar. Vir hierdie studie is ' n kwantitatiewe korrelasionele navorsingsontwerp gebruik om die verhouding tussen respondente se ervaring, verstaanbaarheid, en bruikbaarheid van gewone-taaldokumente, asook respondente se persoonlike eienskappe, en die kontekste waarin die gewonetaaldokumente voorkom, te bepaal. Opnamenavorsing met 'n vraelys as die data-insamelingsinstrument is uitgevoer en 506 respondente het aan die studie deelgeneem. Die resultate van die studie dui daarop dat respondente oor die algemeen positiewe ervarings met gewonetaaltegnieke in dokumente gehad het. Verder is 'n sterk positiewe verhouding tussen die ervaring en die verstaanbaarheid van die gewonetaaldokumente gevind. Dit dui aan dat 'n positiewe ervaring tot 'n beter begrip van die dokumente bydra. Dit is egter nie die geval met bruikbaarheid nie, aangesien geen statisties beduidende verhouding hier gevind is nie. Wat betref buitetekstuele faktore, het slegs huistaal 'n statisties beduidende invloed op die ervaring van gewonetaaltegnieke gehad. Die resultate van hierdie studie dui dus daarop dat ervaring 'n belangrike faktor is in die sukses van gewonetaaldokumente, en gevolglik oorweeg moet word om ervaring as een van die elemente in die definisie van gewone taal in te sluit.

Palabras clave : gewone taal; gewonetaaltegnieke; ervaring; bruikbaarheid; verstaanbaarheid; mediese konteks; finansiële konteks; regskonteks; buite-tekstuele faktore; kontekstuele faktore.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons