SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 número2The deed reveals (im)moralityMotion verbs in Van Wyk Louw's poetry índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

GORELIK, Boris. Leo Tolstoi en Afrikaners: Hulle sieninge van mekaar. Tydskr. geesteswet. [online]. 2024, vol.64, n.2, pp.315-333. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2024/v64n2a9.

Tolstoi was die enigste skrywer in Imperiale Rusland wat oor dekades briewe en gaste uit Suid-Afrika ontvang het. Sy stellings oor die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 het internasionaal aandag getrek op 'n wyse wat geeneen van sy Russiese kollegas kon ewenaar nie. Tolstoi het oor Suid-Afrika geskryf, waar sy werk wyd gelees is. Tolstoi se invloed op Suid-Afrikaanse realistiese1 letterkunde is deur die hele twintigste eeu merkbaar. Hierdie studie van Tolstoi en Suid-Afrikaanse skrywers se sieninge van mekaar fokus op Afrikaners, want Tolstoi het in die laaste tien jaar van sy lewe dikwels oor hulle geskryf en gepraat. Afgesien van regstreekse kontak, soos besoeke en briewe aan die Russiese skrywer, het Afrikaner-kultuurfigure sy werk bevorder, sy fiksie in Afrikaans vertaal en hul vertalings in feitlik elke dekade tot die 1990's gepubliseer. Tolstoi, soos ook ander vooraanstaande romansiers in laat Imperiale Rusland, is deur Afrikaanse skrywers beskou as 'n toonbeeld van 'n realistiese skrywer wat standaarde gestel het waarna hulle gestreef het maar wat hulle dikwels ook as onhaalbaar beskou het. Tolstoi se werk het in Suid-Afrikaanse literêre debatte oor weerstand teen onregmatige staatsgesag en sensuur gefigureer. Sy fiksie het Suid-Afrikaners herinner aan die humanistiese ideale wat as rigsnoere moes dien vir diegene wat positiewe verandering in 'n onregverdige en diep verdeelde samelewing teweeg wou bring. Tolstoi se werk het introspeksie en nadenke oor literêre uitnemendheid, die etiese standaarde van 'n skrywer en 'n mens se lewensdoel gestimuleer.

Palabras clave : Leo Tolstoi; Suid-Afrikaanse Oorlog; Tweede Anglo-Boereoorlog; pro-Boerebewegings; interkulturele wisselwerking; Rusland en Suid-Afrika; Russiese invloed op Suid-Afrikaanse letterkunde.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons