SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 número2Plume seed blown further: Reimagining Van Wyk Louw in a Catholic context índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

STOKER, Henk. (On)bevooroordeelde benaderings tot die bevin-dings van wetenskaplike ondersoek: 'n Reaksie op die geloof-wetenskap-diskoers. Tydskr. geesteswet. [online]. 2024, vol.64, n.2, pp.357-375. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2024/v64n2a14.

Dit klink ongehoord om sensuur op artikels te wil toepas, wanneer dié artikels op grond van natuurwetenskaplike navorsing aandui dat die bevindinge in ooreenstemming is met dit wat 'n groot deel van die wereldbevolking glo. Tog is 'n onlangse voorbeeld hiervan die reaksie op vier artikels wat in 2023 in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe (TGW) gepubliseer is. In hierdie artikels is die resultaat van natuurwetenskaplike en kosmologiese navorsing wat op 'n hoogs intelligente en presiese ontwerp in beide makro- en mikrokosmos dui, bespreek. Die navorsingsresultate dui daarop dat daar 'n intelligente ontwerper van die kosmos moet wees. In sy reaksie op die vier artikels, erken Spangenberg die geldigheid van die navorsings-resultate, maar hy voer aan dat dit nie met die eerste vyf boeke van die Bybel vergelyk kan word nie, aangesien laasgenoemde nie betroubaar is nie. Gegrond op sy ewolusionistiese siening van godsdiens, beweer hy dat die Pentateug as 'n bloot menslike samestelling van verskeie en teenstrydige dokumente ontstaan het. Resente Bybelwetenskaplike navorsing dui egter heelwat probleme met hierdie bronnehipotese aan, met die gevolg dat navorsers terugkeer na die siening dat die Pentateug grootliks deur een outeur saamgestel is, 'n geheel vorm en as sodanig betroubaar is. Anders as wat Spangenberg met sy verwysing na Galileo beweer, staan die Christendom nie in die pad van goeie navorsing nie. Christen-denkers het deur die eeue heen kosbare wetenskaplike werk gedoen en boonop verskeie universiteite gestig en befonds. Wetenskaplike ondersoek vereis 'n onbevooroordeelde benadering, wat die geleentheid skep dat bevindinge eerlik geïnterpreteer kan word om tot die mees waarskynlike gevolgtrekkings te lei. In 'n era waar rofweg 'n derde van die mensdom hulleself as Christene beskou (Dyvik, 2023), terwyl die persentasie mense wat ateïsties die idee van 'n goddelike wese verwerp wêreldwyd baie laag is, is dit opvallend dat voorstanders van laasgenoemde kategorie, navorsers en navorsing uit eersgenoemde groepering probeer stilmaak. 'n Resente voorbeeld hiervan is die reaksie op vier artikels wat in 2023 in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe (TGW) verskyn het. In hierdie artikels (Dreyer, Van der Walt & Denton, 2023; Dreyer & Van der Walt, 2023a, 2023b, 2023c) bespreek die skrywers nuwere wetenskaplike ontdekkings en hoe die ontdek-kings aanduiding van hoogs-intelligente en presiese ontwerp gee.

Palabras clave : geloof; wetenskap; bronnehipotese; Pentateug; Genesis; Intelligente Ontwerp; skepping.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons