SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.37 número1The beautiful birdsong of Tshwane: Preliminary reflections on the beginnings of the Uniting Reformed Church of Southern Africa (URCSA) congregation Melodi ya TshwaneLuther's middle course: Balancing freedom and service in De Libertate Christiana (1520) índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Studia Historiae Ecclesiasticae

    versión On-line ISSN 2412-4265versión impresa ISSN 1017-0499

    Resumen

    FICK, Rikus. Pastorale sorg aan oorlogsballinge: Petrus Postma se werk in Ceylon. Studia Hist. Ecc. [online]. 2011, vol.37, n.1, pp.1-11. ISSN 2412-4265.

    Petrus Postma het waardevolle en gewaardeerde pastorale sorg gedurende die Anglo-Boereoorlog in die Diyatalawa-kamp in Ceylon gelewer. Hy was die seun van die eerste predikant en eerste teologiese professor van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, Dirk Postma. Hy was predikant van die Gereformeerde Kerk in Pretoria toe die Anglo-Boereoorlog uitbreek. President Paul Kruger was lidmaat van hierdie gemeente en Postma se verbintenis met hom was waarskynlik die rede waarom hy na die Diyatalawakamp in Ceylon verban is. Die oorlog het Postma se benadering tot pastorale bediening ingrypend beïnvloed. Hierdie artikel wil aantoon hoe ingrypend hierdie invloed was deur briewe, kerkraadsnotules, oorlogsdagboeke, preke en ander relevante bronne te raadpleeg. Sy pastorale sorg in die kamp het egter ná sewe maande feitlik tot stilstand gekom toe sy vrou by hom aangesluit en hy parool gekry het om elders te gaan woon. Die rede hiervoor word ook ondersoek.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )