SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.38 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Journal of Literary Studies

    versión On-line ISSN 1753-5387versión impresa ISSN 0256-4718

    Resumen

    NABUTANYI, Edgar Fred. Dystopian Futures: Ugandan Science Fiction and Post-Apocalypse Contagions. JLS [online]. 2022, vol.38, n.1, pp.1-15. ISSN 1753-5387.  https://doi.org/10.25159/1753-5387/10413.

    Soos die meeste lande op die Afrika-vasteland het Uganda onlangs met eksistensièle pandemies soos vigs, Marburg, cholera en ebola geworstel, benewens die huidige Covid-19-pandemie. Al die bogenoemde siekte-uitbrekings het dikwels ondenkbare lyding vir Uganda se bevolking meegebring. Dalk is dit die rede waarom Ugandese vakkundiges en openbare intellektuele-veral skrywers soos Mary Karooro Okurut, Moses Isegawa, Jennifer Nansubuga Makumbi, en Austin Ejeit-fiksie gebruik het om insig in die verskillende kontoere van hierdie besmettings te bied. Byvoorbeeld, in hul ondersoeke oor een van die ergste pandemies wat die Ugandese samelewing getref het, naamlik vigs, het vele skrywers 'n waarskuwende verhaalmotief en skynwaarheid die middelpunt gemaak om te wys hoe gedragsverandering die uitbreking van siektes doeltreffend kan bekamp. Hierdie artikel bou voort op dié omvattende Ugandese argief van skryfwerk oor siektes, deur te fokus op een genre van Ugandese skryfwerk-wetenskapsfiksie-wat nie veel kritiese aandag gekry het vir die bestudering van pandemies nie. Ek ondersoek hoe Dilman Dila se "A Leafy Man," "Where Rivers Go to Die" en "The Taking of Oleng" wetenskapsfiksie-stylfigure gebruik om insig oor hedendaagse Ugandese plae te bied. Ek voer aan dat Dila wetenskapsfiksie gebruik om 'n doeltreffende beeld te skep van die oorsake van hierdie katastrofiese verskynsels wat in die Ugandese openbare sfeer sirkuleer, hoe om dit te hanteer en die mites daaromtrent.

    Palabras clave : Uganda; science fiction; Dilman Dila; AIDS; pandemics; science fiction tropes; public sphere.

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )