SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30Which Defining Model Contributes to More Successful Extraction of Syntactic Class Information and Translation Accuracy? índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

GAO, Jun  y  LIU, Haitao. Valensiewoordeboeke en Chinese woordeskatverwerwing vir vreemdetaalleerders. Lexikos [online]. 2020, vol.30, pp.1-32. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/30-1-1548.

Valensie is 'n groot bron van leksikale foute in die aanleer van 'n vreemde taal. Gevolglik ontstaan die vraag hoe sintaktiese en semantiese eienskappe van 'n woord uit die korpus verkry en in 'n Chinese valensiewoordeboek weergegee kan word om woordeskat-verwerwing vir vreemdetaalleerders te vergemaklik. Met inagneming van die drie aspekte van 'n valensieraamwerk - logies-semantiese, sintaktiese en semanties-pragmatiese valensie - word 60 gevalle van Chinese leksikale foute wat uit die HSK (Chinese Taalvaardigheidstoets) Dinamies Saamgestelde Korpus onttrek is, bestudeer. Die resultate dui daarop dat die meeste van die foute plaasvind in die semanties-pragmatiese valensie-dimensie en dat hierdie semanties-pragmatiese foute toegeskryf kan word aan verskeie faktore soos semantiese kollokasies, emotiewe verander-likes, teksstyle, registers, en ander kontekstuele faktore. Die resultate word dan benut as sintak-tiese, semantiese en pragmatiese inligting wat in 'n Chinese valensiewoordeboek weergegee moet word. Meer spesifiek, die resultate wat verkry word uit 'n gevallestudie van 'n verkeerd gebruikte woord wat onttrek is uit 'n grootskaalse Chinese moedertaalssprekerskorpus, help om 'n relatief volledige lys aanvullingspatrone, wat gebaseer is op die studieontwerpe van 'n Chinese valensie-inskrywing wat drie basiese elemente insluit - kwantitatiewe valensie, kwalitatiewe valensie en valensiepatrone - te verkry.

Palabras clave : Chinese valensiewoordeboek; valensieinskrywing; logiessemantiese valensie; sintaktiese valensie; semanties-pragmatiese valensie; chinese woordeskatverwerwing; leksikale wangebruik; aanvullings-patrone; aanleerderskorpus; moedertaalkorpus.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons