SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30Valency Dictionaries and Chinese Vocabulary Acquisition for Foreign LearnersLexicography and Language Planning in 18th Century Sweden índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

PTASZNIK, Bartosz. Watter definiëringsmodel dra by tot meer geslaagde onttrekking van inligting rakende sintaktiese kategorie en vertaalakkuraatheid?. Lexikos [online]. 2020, vol.30, pp.1-23. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/30-1-1545.

Die hooffokus van hierdie artikel is definisies in Engelse eentalige aanleerderswoordeboeke. Metaleksi-kograwe het 'n intense belangstelling in die volgende drie tipes definisies gehad: analitiese defini-sies (of klassieke definisies), volsindefinisies (ook genoem kontekstuele definisies) en enkel-bysin when-definisies. Die gebruik van when-definisies, wat die definiëring van abstrakte selfstandige naamwoorde ten doel het, het vrae en twyfel laat ontstaan oor hul effektiwiteit in die herkenning van die korrekte woordsoort van die definiendum, oftewel die item wat gedefinieer word, met inag-neming van die probleme wat verband hou met die vervangbaarheid van trefwoorde en dele van definisies ('n gebrek aan algemenekategoriewoorde in hierdie definisieformaat). Met betrekking tot die akkuraatheid van woordsoortherkenning, het bestaande navorsing in hoofsaak die groter geslaagdheid van die klassieke definisie-tipe bo die enkel-bysin lü/ien-definisies bevestig. Die huidige eksperiment poog ook om verder ondersoek in te stel na woordsoortherkenning met betrekking tot die drie bogenoemde definisietipes - in vorige studies is slegs data van analitiese en enkel-bysin lülien-definisies met mekaar vergelyk, aangesien kontekstuele definisies nie deel gevorm het van die studiedoelwit nie. Hierdie studie is uitgevoer op 'n groep van 120 gevorderde vlak Poolse universiteitsstudente van Engels. Die proefpersone is met betrekking tot die drie hoof-definisietipes in die Engelse leksikografiese praktyk getoets op hul vermoëns om inligting rakende sintaktiese kategorie korrek te onttrek asook op hul vertaalakkuraatheid van abstrakte selfstandige naamtrefwoorde.

Palabras clave : Aanleerderswoordeboeke; Definisies; Eentalige Woorde-boeke; Analitiese Definisies; Volsindefinisies; Enkel-bysin When-definisies.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons