SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.34e-Dictionaries in a Network of Information Tools in the e-EnvironmentIntegrating Terminological Resources in Dictionary Portals: The Case of the Diccionarios Valladolid-UVa índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

GAVRIILIDOU, Zoe; MARKOS, Angelos  y  KONSTANTINIDOU, Evanthia. Hoe strategiese woordeboekgebruik in die klaskamer verhoog kan word: Die uitwerking van 'n woordeboekbewusmakingsprogram op woordeboekgebruikstrategieë. Lexikos [online]. 2024, vol.34, pp.99-122. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/34-1-1882.

Hierdie studie ondersoek die impak wat 'n eksplisiete en geïntegreerde woordeboekbewusmakingsprogram op primêreskoolleerders se woordeboek-gebruikstrategieë het. Die opname het altesaam 150 deelnemers, 10-12 jaar oud, van hoofstroom-en interkulturele skole betrek. Data is versamel voor en ná implementering van die program wat van die Strategie-inventaris vir Woordeboekgebruik (SIWG) gebruik gemaak het. Dit is 'n betroubare en bewese selfrapporteringshulpmiddel wat gebruikers van papierwoordeboeke se gerapporteerde gebruik binne die konteks van die werklike lewe akkuraat profilieer (Gavriilidou 2013). Die woorde-boekbewusmakingsprogram het uit doelmatige aktiwiteite bestaan en is deur 'n groep van 75 studente, insluitende 50 uit hoofstroomskole en 25 uit 'n interkulturele skool, geïmplementeer. Die bevindings dui daarop dat daar onder studente wat Griekse skole bywoon 'n gebrek aan woorde-boekkultuur is soos duidelik blyk uit die matige strategiese gebruik van woordeboeke en die onvolledige integrasie van woordeboeke as verwysingshulpmiddels in die opvoedkundige proses. Daarbenewens het die vergelyking van die persentasie van elke strategiekategorie voor en ná die implementering van die program aangetoon dat die program 'n beduidende uitwerking op alle kategorieë van Woordeboekgebruikstrategieë (WGS) wat deur die eksperimentele groep geïmple-menteer is, gehad het. Hierdie studie lewer 'n bydrae tot die bespreking van die leerbaarheid van woordeboekgebruikstrategieë deur die effektiwiteit van woordeboekbewusmakingsprogramme in die bevordering van 'n woordeboekkultuur te beklemtoon.

Palabras clave : woordeboekgebruikstrategieë; woordeboekbewusmakings-program; eksplisiete en geïntegreerde strategie-onderrig; woordeboek-kultuur; calla; strategiegebaseerde onderrig; naslaanstrategieë; lemma-tiseringstrategieë.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons