SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.34Special Field and Subject Field Lexicography Contributing to LexicographyUsers and Contexts of Use of Romanian Multilingual Dictionaries índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

FARINA, Donna M.T.Cr.; VRBINC, Marjeta  y  VRBINC, Alenka. "This", "thing", "fervor", "fulfilment": Die hantering van uitspraak en spelling in Sloweense immigrasiewoordeboeke. Lexikos [online]. 2024, vol.34, pp.141-165. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/34-1-1901.

In die tweede helfte van die 19de eeu het woordeboeke vir Amerikaners belangriker geword. Die Amerikaanse bevolking het woordeboeke as gesaghebbend begin beskou; gebruikers het verwag dat hulle antwoorde op hul taalvrae sou verskaf. Teen die draai van die 19de eeu het die eerste onafhanklike Sloweense publikasies, bedoel vir Sloweense immigrante na die V.S.A., aan beide kante van die Atlantiese Oseaan verskyn. Die doel van hierdie artikel is om die hantering van uitspraak en spelling, beide in die voorwerk en in die sentrale deel van Sloweense immigrasiewoordeboeke, te bestudeer. Ons ondersoek vier woordeboeke (Kubelka 1904, Kubelka 1912b, Kosutnik 1912, Kern 1919) wat deur drie outeurs saamgestel is. Hulle is in 'n tydperk gepubliseer toe hulpmiddels vir Engelse uitspraak of spelling nie geredelik in Sloweens beskikbaar was nie. In hierdie artikel word die woordeboekouteurs se toeligting rakende uitspraak asook die aanbieding van hierdie toeligting vir die teikengebruikers, gedokumenteer. Die hantering van die spelling van woorde met oorwegend Amerikaanse en oorwe-gend Britse variante, op 'n tydstip toe beide variante wydverspreid in die Amerikaanse samelewing voorgekom het, word ook gedokumenteer.

Palabras clave : sloweense immigrasie na die v.s.a.; tweetalige woordeboeke; engels-sloweense woordeboeke; sloweens-engelse woordeboeke; uitspraak; ifa; herspelling; spelling; britse engels; amerikaanse engels.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons