SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.85 número1"... Justification by faith" Calvin's grounds for the ReformationVonnegut, Darwin, and the Tragical Satirical Arc of Human History in the Novel Galapagos índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Koers

    versión On-line ISSN 2304-8557versión impresa ISSN 0023-270X

    Resumen

    COETZER, Wentzel. Verhelderende perspektiewe vir die pastoraat vanuit traumanavorsing rakende getraumatiseerde kinders. Koers (Online) [online]. 2020, vol.85, n.1, pp.1-12. ISSN 2304-8557.  https://doi.org/10.19108/KOERS.85.1.2487.

    In hierdie artikel word daar op die Ingrypende langtermyn Impllkasles van onverwerkte trauma gedurende die kinderjare gefokus. Hierdie implikasies kan liggaamlik emosioneel of geestelik van aard wees. Die belangrike rol van herhalende traumatiese herinneringe word vervolgens aan die orde gestel asook h aantal verdere tipiese gedragspatrone asook uitreageergedrag Blootstelling aan die onverwerkte trauma aan die hand van verskeie blootstellingstegnieke tydens die begeleidingsproses word ook bespreek. Belangrike aspekte met betrekking tot h aantal terapeutiese strategieë kom vervolgens aan die orde terwyl moontlike pastorale implikasies deurgaans gereflekteer word. In hierdie verband word byvoorbeeld op die gebruik van h joernaal, voorspelbare roetines en rituele, kind-gesentreerde spel, die kind se identiteit in Christus, die belangrikheid van na die kind te luister, die opstel van h tydlyn en die terapeutiese waarde van tekentake gefokus. Vanuit die resultate van navorsing op die gebied van trauma blyk uiteindelik dat daar h verskeidenheid van bruikbare komponente en perspektiewe is wat effektief deur pastorale beraders en spelterapeute in die pastorale begeleiding van getraumatiseerde kinders geïnkorporeer kan word

    Palabras clave : Getraumatiseerde kinders; Pastoraat; Traumanavorsing.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )