Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
In die Skriflig
versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441
Resumen
DE BEER, E.J.. 'n Teologies-etiese beoordeling van werkloosheid. In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.1, pp.25-50. ISSN 2305-0853.
Werkloosheid is een van die grootste probleme wat tans op die Suid-Afrikaanse arbeidstoneel ondervind word. In hierdie artikel word dié probleem in die lig van Bybelse uitsprake oor arbeid ondersoek. Die doel van die studie is om aan rolspelers vanuit die Bybel leiding te gee oor hoe hulle ingesteldheid teenoor die werkloosheidsprobleem behoort te wees. In die artikel word die omvang van werkloosheid in Suid-Afrika ondersoek. Daarna kom die faktore wat werkloosheid sedert 1994 beïnvloed het, onder die soeklig. Dit word gevolg deur 'n bestudering van ter-saaklike Bybelse uitsprake oor arbeid. Ten slotte word die Suid-Afrikaanse werkloosheidsprobleem beoordeel in die lig van die Bybelse uitsprake oor arbeid. In die beoordeling word ook leiding gegee oor hoe verskillende rolspelers op die arbeidsterrein se ingesteldheid teenoor werkloosheid behoort te wees.