SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.42 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

SMIT, J.  y  DU PLOOY, A. le R.. Reëling van die Gereformeerde predikant se diens - 'n arbeidsregtelike of 'n interne kerklike aangeleentheid?. In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.1, pp.51-74. ISSN 2305-0853.

In hierdie artikel word aangedui dat die Arbeidsreg nie op die verbintenis tussen 'n predikant en 'n kerkraad in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika toegepas behoort te word nie. Daar word geargumenteer dat die Arbeidsreg nie ten doel het om 'n eksegeties-dogmaties bepaalde verhouding, soos dié tussen die kerkraad en predikant te reël nie. Verderword daarop gewys dat 'n predikant van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika nie as 'n werknemer van die kerkraad beoordeel kan word nie, aangesien 'n predikant 'n geroepe dienskneg van Christus is. Die roeping van 'n predikant is 'n belangrike aanduiding dat 'n predikant nie 'n werknemer van 'n kerkraad is nie, maar in diens van die Here staan. Daar word eweneens aangedui dat die Kerkorde nie die predikantsdiens op 'n kontraktuele basis reël nie, maar die roeping van 'n predikant. Arbeidsreg het ten doel om arbeidsregtelike aspekte van 'n persoon se lewe te reël, terwyl die reëlings van die Kerkorde van toepassing is op 'n predikant se hele lewe.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons