SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.42 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

COETZEE, C.F.C.. Gnostiek, kerkeenheid en die belydenis van Nicea. In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.2, pp.207-224. ISSN 2305-0853.

Die Gnostiek (afgelei van die Griekse woord "gnosis" wat letterlik "kennis" beteken) is die baie bekende beweging wat dateer uit die eerste eeue van die kerkgeskiedenis. Die leringe van die Gnostiek het die leer van die kerk oor sommige van die kernwaarhede van die Skrif bevraagteken en/of weerspreek. Behalwe die Gnostiek het die Vroeë Kerk ook te doen gekry met die dwaling van die Arianisme. In die belydenis van Nicea, wat deur die konsilies van Nicea (325 n.C.) en Konstantinopel (381 n.C.) geformuleer is, het die katolieke (algemene) kerk amptelik geantwoord op sowel die Gnostiek as die Arianisme. In die finale uitgawe van die belydenis van Nicea is daar ook 'n artikel oor die eenheid, heiligheid, katolisiteit en apostolisiteit van die kerk. Sowel die Gnostiek as die Arianisme het 'n ernstige bedreiging vir die eenheid van die kerk ingehou. In ons tyd beleef ons 'n herlewing van die antieke Gnostiek, sowel heidens as "Christelik". Hierdie herlewing word ook genoem die "New Age" of die "Age of Aquarius". Binne die raamwerk van hierdie nuwe wêreldbeskouing of wêreldorde is daar 'n herontdekking van gnosis. Die ontdekking en publikasie van sekere antieke gnostiese geskrifte soos die Nag Hamadigeskrifte, speel 'n deurslaggewende rol in hierdie herlewing. As uitvloeisel van die "kanonisering" van hierdie geskrifte, word die kanon van die Skrif en ook die belydenisskrifte wat op grond van die Skrif opgestel is, bevraagteken of openlik verwerp. Die belydenis van Nicea het 'n baie belangrike en beslissende rol gespeel in die bewaring en handhawing van die eenheid van die kerk op die fondament van die waarheid van die Skrif. Hierdie eeue oue belydenis is vandag nog steeds net so aktueel en belangrik in die belydenis van die waarheid en die bewaring van die ware eenheid van die kerk.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons