Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
In die Skriflig
versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441
Resumen
CILLIERS, J.H.. Mysterium tremendum et fascinans: Liturgiese perspektiewe op die toenadering tot God. In Skriflig (Online) [online]. 2009, vol.43, n.1, pp.31-44. ISSN 2305-0853.
In hierdie artikel word aangevoer dat die komponent van die toenadering tot God wat deel vorm van 'n tradisionele volgorde in die erediens, liturgies verwaarloos en dus herondersoek behoort te word. Die belangrike bydrae van Rudolf Otto, soos verwoord in die bekende frase "mysterium tremendum et fascinans", word in hierdie verband erken. In die lig van Otto se by-drae word aandag geskenk aan enkele liturgiese implikasies en perspektiewe, onder andere liturgie as stilte, verwondering, klag en bevestiging.