Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
In die Skriflig
versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441
Resumen
SMIT, J.. Grense tussen kerk en staat vir die reëling van die predikantsdiens: Gesien vanuit twee kerkregtradisies. In Skriflig (Online) [online]. 2009, vol.43, n.3, pp.473-496. ISSN 2305-0853.
In hierdie artikel word gefokus op grense tussen die kerk en die staat vir die reëling van die predikantsdiens - gesien vanuit twee onafhanklike kerkregtradisies. Hierdie grense is nog nie duidelik deur die Suid-Afrikaanse howe omlyn nie. Die doel van hierdie artikel is nie 'n regsvergelykende studie nie. Die doel is om aan te toon dat twee onafhanklike kerkregtradisies, naamlik die Duitse kerkreg en die gereformeerde kerkreg, vanuit 'n historiese ontwikkelingsgang algemene beginsels ontwikkel het wat grense vir die staat se reëlingsbevoegdheid stel met betrekking tot die reëling van die gereformeerde predikantsdiens en wat die kerk se eie bevoegdheid in hierdie verband as 'n eiesoortige (sui generis) reg daarstel. Die kernbevinding van hierdie artikel is dat die grense tussen die kerk en die staat vir die predikantsdiens primêr daardeur bepaal word dat die kerk en die staat nie enige invloed op mekaar se onderskeie opdragte en take mag uitoefen nie. Die predikantsdiens is die sentrale opdrag van die kerk en nie van die staat nie. Die staat het dus nie die reëlingsbevoegdheid vir die predikantsdiens nie.