SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.43 número3 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    In die Skriflig

    versión On-line ISSN 2305-0853versión impresa ISSN 1018-6441

    Resumen

    GOEDE, H.  y  JANSE VAN RENSBURG, F.. 'n Konstruksie van die regte en verpligtings van slawe-eienaars as 'n sosio-historiese konteks van die Nuwe Testament. In Skriflig (Online) [online]. 2009, vol.43, n.3, pp.601-628. ISSN 2305-0853.

    Hierdie artikel het ten doel om die regte en verpligtings van slawe-eienaars in die antieke tyd te konstrueer as onderdeel van die sosio-historiese konteks van die Nuwe Testament. Ten einde hierdie doel te bereik, word die primêre bronne van Griekse, Romeinse en Joodse reg eerstens beskryf. Drie aspekte van die reg op slawerny word in Griekse, Romeinse en Joodse reg ondersoek, naamlik regsdefinisies van vryheid en slawerny, die regstatus van slawe en die regte van slaweeienaars. Relevante tekste uit hierdie bronne word vervolgens geïdentifiseer, geanaliseer en geïnterpreteer. Die resultate van hierdie proses van analise en interpretasie word gebruik om die regskonteks waarbinne die oproepe tot slawe-eienaars in die Nuwe Testament gelees moet word, te konstrueer. Ons doen aan die hand dat Joodse reg 'n gegronde alternatiewe regs- en godsdienstige konteks vir die skrywers van die Nuwe Testament gebied het waarbinne met Christen slawe-eienaars gepraat is. Hierdie alternatiewe konteks het as 'n teenwig gefunksioneer teen die streng regskontekste van die Griekse en Romeinse reg.

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )