SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.43 número3 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

BRANCH, R.G.. Leer 'n ou hond nuwe truuks: Herodotus bevestig Xerxes se woedetemperament in The Persian wars en die boek Ester verleen insig ten opsigte van die hantering van woede. In Skriflig (Online) [online]. 2009, vol.43, n.3, pp.669-694. ISSN 2305-0853.

Die boek Ester beskryf Xerxes, koning van Mede en Perse, as 'n driftige man. Dit lig die koning se hoogte- (Ester, 1:12; 7:7) en laagtepunte (Ester, 2:1; 7:10) uit. Dit is verrassend dat Herodotus in "The Persian wars" ook die koning se gramskap en woede op 'n soortgelyke manier beklemtoon. Sy klassieke Griekse verhaal vul moontlik die tydsgaping tussen Ester 1 en 2: Xerxes reis in 'n westelike rigting vanaf sy hoofstad Susa, en verloor 'n oorlog in Sparta. "The Persian wars" stel Xerxes se internasionale vernedering sowel as die tiran se uitbarstings onderweg te boek. Xerxes tiranniseer en blameer ondergeskiktes; vernietig eiendom en lewens vanaf Persië tot by Sparta; tree verwaand op; en openbaar woedeuitbarstings wanneer hy teëgegaan of gedwarsboom word. Herodotus bevestig dat onderdane, vyande en adjudante lig loop vir hierdie internasionale tiran. Daar is egter een persoon wat dit nie doen nie. Artemisia, die vroulike bevelvoerder van 'n skip, verdien Xerxes se respek. Wanneer die gevegsterrein van sy lewe terugskuif vanaf Sparta na Susa, presenteer die Bybel 'n tweede model van waagmoed: Ester, Xerxes se nuwe koningin. Hierdie pragtige "generaal" in koninklike gewaad, loop met selfvertroue in die koning se magsetel. Sy verskyn telkens grasieus dog kragdadig voor die koning. Deur gebruik te maak van woedebestuurstegnieke, met 'n vermenging van wysheid en vroulikheid, trotseer Ester Xerxes se woede - en neutraliseer dit.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons