Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
In die Skriflig
versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441
Resumen
VERSTER, P.. Skrifberoep en die hantering daarvan in sending. In Skriflig (Online) [online]. 2009, vol.43, n.4, pp.793-816. ISSN 2305-0853.
Skrifberoep in sending bly belangrik om die wesenlike van die verlossing te bevestig. Verskillende beskouings oor Skrifberoep kom voor en die vraag of 'n mens nog na sonde, hemel, hel en verlossing kan verwys, moet gevra word. Paulus het op 'n bepaalde wyse na die Ou Testament verwys, maar wou altyd aan die Skrif getrou bly. Calvyn het die Skrifberoep as essensieel beskou. Kuyper het Skrifkritiek afgewys, maar het ook teen piëtistiese benadering in Skrifgebruik gewaarsku. Bultmann wou die Skrif ontmitologiseer, maar moes tog uiteindelik ook direk na die Skrif verwys. Sonde, hemel, hel en verlossing moet steeds erken word en op die regte eksegetiese en hermeneutiese wyse bevestig word.