SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 número1Principles for poverty alleviation among the youth in Northern UgandaHe is risen! A play based on Acts 1:1-12 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    In die Skriflig

    versión On-line ISSN 2305-0853versión impresa ISSN 1018-6441

    Resumen

    JANSE VAN RENSBURG, Fika. Die eskatologie van 1 Petrus: Hoop en vindikasie vir tydelike en permanente uitlanders. In Skriflig (Online) [online]. 2010, vol.44, n.1, pp.201-228. ISSN 2305-0853.

    Die geadresseerdes van 1 Petrus het in 'n onvriendelike omgewing geleef. Hulle was uitlanders, moontlik nie net oor hulle Christelike geloof nie, maar hoofsaaklik omdat hulle nie burgers was van die gebiede waar hulle gewoon het nie. Hulle status as uitlanders het aansienlik bygedra tot hulle unieke situasie, en dit is die konteks waarbinne die eskatalogie van 1 Petrus gekonstrueer word. Hierdie artikel bied 'n werksdefinisie van eskatologie. Daarna word die lewensomstandighede van die geadresseerdes gekonstrueer. Die eskatologiese uitsprake word geïdentifiseer en gekategoriseer en die argument van 1 Petrus word kortliks gekonstrueer. Die eskatologiese uitsprake word vervolgens geïnterpreteer en laastens word 'n gevolgtrekking oor die eskatologie van 1 Petrus gemaak.

    Palabras clave : 1 Petrus; diskriminasie; eskatologie; vergelding; vindikasie; vreemdelingskap.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )