Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
In die Skriflig
versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441
Resumen
RAATH, A.. Luther se morele sintese: Okkamisme, Christelike mistiek en die idee van syn. In Skriflig (Online) [online]. 2010, vol.44, n.2, pp.369-404. ISSN 2305-0853.
Vir Luther kan die mens slegs tot ware verlossende kennis kom deur die Woord en geloof. Alhoewel filosofiese kennis op die terrein van die mens se aardse bestaan hom nie in staat stel om tot ware kennis in aangeleenthede betreffende die geloof te kom nie, is sodanige kennis vanuit 'n morele oogpunt beskou van groot belang. Deur die agting vir universele syn kan selfs ongelowiges waardevolle insigte in morele aangeleenthede verwerf. Sodanige morele insigte is belangrik vir die menslike saambestaan in die samelewing. Binne die breë konteks van Ockham se standpunte oor kennis, lewer sowel die Duitse mistiek as die Stoisyns-Ciceroniaanse idee van syn 'n bydrae tot 'n sintese in Luther se morele en filosofiese denke.
Palabras clave : Cicero; idee van syn; Luther; mistisisme.