Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
In die Skriflig
versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441
Resumen
WIELENGA, B.. Bybellees in Afrika: Die vorming van 'n gereformeerde perspektief. In Skriflig (Online) [online]. 2010, vol.44, n.3-4, pp.699-722. ISSN 2305-0853.
In hierdie artikel sal ek 'n gereformeerde perspektief probeer ontwikkel op Bybellees in Afrika deur gewone lesers. Ek bespreek die konsep van gewone lesers in die konteks van die jongste hermeneutiese diskussies, en van die verskille in die manier van Bybellees tussen gewone lesers en Bybelweten-skaplikes teen die agtergrond van die werklikheid van die mondelinge of halfgeletterde kulture van Afrika. 'n Gereformeerde perspektief, met sy nadruk op die kerk as die lokus van Bybel-lees, onder die werking van die Heilige Gees, maak die pad oop vorentoe weg van die dilemma tussen gewone en vakmatige lesers. 'n Gereformeerde perspektief kan ook die pad oopmaak vir 'n geslagsvriendelike lees van die Bybel op 'n kontinent waar die meeste Bybellesers vroue is. Dit vra van diegene wat die Bybel saam lees 'n houding van ootmoed.
Palabras clave : Gewone Bybellesers; vakmatige gesamentlike Bybellesers; Bybellees; ekklesiologie gesamentlike Bybellees; geslagsvriendelike gesamentlike Bybellees; pneumatologie gesamentlike Bybellees; spiritualiteit.