Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
In die Skriflig
versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441
Resumen
STEYN, L.. Lewe wys in 'n moderne wêreld. In Skriflig (Online) [online]. 2010, vol.44, n.3-4, pp.743-758. ISSN 2305-0853.
Die meeste mense leef met die las van daaglikse pligte, om kos op die tafel te hou, rekenings te betaal en om getrou aan al die vereistes van werk en liefde te voldoen. Regoordie wêreld sukkel mense om genoeg te verdien om te kan oorleef. Hierdie stryd verteenwoordig die arena waarin die mensdom veg om die kompleksiteite van hulle daaglikse lewe te kan hanteer. Terselfdertyd poog die mens om betekenis en sin in die lewe te vind en om riglyne daar te stel waarvolgens hulle goed kan lewe. Dit is hier, in die gewone alledaagse lewe, waar wysheid en dwaasheid wedywer om die mens se lojaliteit te wen. Dit is hier waar die bonatuurlike en die menslike ontmoet (O'Connor, 1993:14). Spreuke 3 gee talle riglyne waarvolgens die mens met wysheid in 'n moderne era kan lewe.
Palabras clave : dwaasheid; Ma'at (lewe volgens 'n goddelike orde); nuwe verbond; vader en seun; wyse leefwyse; wysgere wysheid.