SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 número1A model for content analysis of sermons on poverty and to the poor as listenersChallenges of a wellness ministry to churches índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

DE BEER, A.  y  VAN DEN BERG, J-A.. 'n Diskoers oor eskatologie en promissioterapie by vroue na die verlies van 'n eggenoot. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.1, pp.141-159. ISSN 2305-0853.

Die metafoor "diskoers" word in hierdie navorsing verkies aangesien dit resoneer met die narratiewe benadering. Die ondersoek is prakties-teologies begrond en vanuit postmoderniteit as paradigma nagevors met sosiaal-konstruksionisme as epistemologiese vertrekpunt. Die navorsing is binne die narratief-hermeneutiese navorsingsbenadering geplaas en beginsels onderliggend aan deelnemende aksie-navorsing is as deel van kwalitatiewe navorsingsmetodiek gebruik. Die ondersoek is deur die gebruik van meganismes van die narratiewe benadering geïnformeer. Tydens die pastoraal-terapeutiese gesprekvoering het vroue hulle verhale gekonstrueer en hulle diskoerse oor die hemel word in verbatimuittreksels aangehaal. Die moontlikheid om die belewenis van rou te verstaan en te interpreteer sowel as om hoop en vertroosting met behulp van eskatologie en promissioterapie te fasiliteer, word ondersoek. Eskatologie beklemtoon die Christelike aspek en handel met die eintlike en nie slegs met die uiteindelike nie. Promissioterapie handel met die beloftes wat gemoeid is met die begin en die einde, met ander woorde, die eskatologie. In hierdie bespreking word die vroue se siening van die lewe hierna en die rol wat dit kan speel om hoop en vertroosting te bied, toegelig.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons