SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 número2-3 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

VENTER, C.J.H.. Intelligensie op drie vlakke as 'n kernvereiste vir die bedienaar. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.2-3, pp.613-632. ISSN 2305-0853.

In hierdie artikel word op die vereiste gefokus dat die bedienaar op 'n verstandelik-, emosioneel- en sosiaal-intelligente wyse moet kan optree en handel. Intellektuele intelligensie word aan die begin van die artikel metateoreties bespreek. Die funksionering van die brein word omlyn in sover dit raakvlakke met verstandelike intelligensie het, in besonder die breinfunksies van die neokorteks, die subkorteks en die amigdala. Onder basis-teoretiese aspekte word die volgende vereistes uit die pastorale briewe betrek: die vereistes dat die bedienaar bevoegd moet wees om die gemeente uit God se Woord te onderrig en die vereiste dat hy die vermoë moet hê om op 'n verstandige wyse te handel. Vervolgens word metateoretiese aspekte van emosionele intelligensie aangedui, waaronder 'n goeie selfbewussyn, 'n helder beskouing van die eie vermoëns, gefundeerde selfvertroue, selfbeheer, om met doelwitte te kan werk, die hantering van die eie emosionele letsels, en insig in en hantering van die eie emosies. Hierdie vereistes word in die bespreking betrek juis omdat dit deel van die pastor se bedieningswyse raak. As basisteoretiese perspektiewe op emosionele intelligensie is veral die aspekte van empatie en die geborgenheid van die bedienaar betrek. Ten opsigte van sosiale intelligensie is metateoreties gestel dat dit 'n kernvereiste is om 'n ander se situasie te kan verstaan, aan te voel en op die ander persoon se gevoelens te kan inspeel. Die proses van verhoudingsvorming en die betoon van empatie is op basisteoretiese wyse nagegaan en nader omskryf. Ten slotte is praktykteoretiese riglyne gebied vir die moontlike implementering van verstandelike, emosionele en sosiale intelligensie in die werk en toerusting van 'n dienskneg van God.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons