SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número1The binding to confessions in a postmodern era índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    In die Skriflig

    versión On-line ISSN 2305-0853versión impresa ISSN 1018-6441

    Resumen

    VAN WYK, Jan H.  y  VORSTER, Nico. 'n Inleiding tot die teologiese, politieke en etiese denke van Koos Vorster. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.1, pp.1-10. ISSN 2305-0853.

    Koos Vorster het 'n besonderse produktiewe en vrugbare akademiese loopbaan gehad en oor 'n verskeidenheid van onderwerpe gepubliseer. Hy sal egter veral onthou word vir sy bydrae tot politieke en sosiale etiek. Hierdie artikel ondersoek die teologies-polities etiese denke van Koos Vorster. Die eerste deel bespreek sy epistemologiese uitgangspunte, waaronder sy omvattende openbarings-historiese benadering, sy hermeneutiek, voorliefde vir 'n deontologiese etiek, en sy afwysing van etiese absolutisme soos veral vergestalt in fundamentalistiese benaderings tot die etiek. Die tweede deel bespreek sy houding teenoor Apartheid en die 'struggle' in die 1970s en 1980s. Vorster het die vergrype van Apartheid geïdentifiseer en aangespreek, maar terselfdertyd geweldadige verset verwerp, en 'n evangeliese verandering van gesindhede bepleit wat gepaard gaan met die opheffing van onderdrukte gemeenskappe en ontbinding van onregverdige strukture. Die laaste deel van die artikel bespreek Vorster se sienings oor menswaardigheid, menseregte, die verhouding tussen kerk en godsdiens, asook sy siening oor die samelewing en die ekonomie.

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )