SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número1Principles for poverty alleviation among the youth in Northern UgandaHe is risen! A play based on Acts 1:1-12 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

MULLER, D. Francois. Die owerheid se ingesteldheid ten opsigte van godsdiens: Die geskiktheid van die aktief-plurale opsie vir die toepassing van artikel 36 van die Nederlandse Geloofsbelydenis. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.1, pp.1-11. ISSN 2305-0853.

'Wat behoort 'n owerheid se ingesteldheid ten opsigte van godsdiens te wees?' is 'n vraagstuk waarvoor owerhede millennia lank reeds staan en wat tans al meer akuut word. J.M. Vorster het vyf opsies geïdentifiseer wat owerhede se ingesteldheid vergestalt en verkies die sogenaamde 'aktief-plurale' opsie. Hiervolgens behoort owerhede alle godsdienste en/of tradisies toe te laat en geeneen in besonder te bevoordeel nie. Artikel 36 van die Nederlandse Geloofsbelydenis (1561) verteenwoordig 'n vername verwoording van waartoe die Reformatoriese tradisie glo owerhede geroep word. Hierdie studie het dus die geskiktheid van die aktief-plurale opsie vir die toepassing van artikel 36 ondersoek. Die fokus van die ondersoek was op die agtergrond waarbinne en die doel waarmee die belydenis geformuleer is; die belangrikste tekstuele veranderinge (1905, 1982); asook die korrekte betekenis van artikel 36. Daar is vir lank gemeen dat owerhede onder meer die taak het om alle afgodery en valse godsdiens uit te roei. Sedert 1982 word bely dat owerhede (slegs) die verkondiging van die Evangelie moet beskerm om hierdie doelwitte sodoende te bereik. Alle owerhede ontvang hulle gesag van God en moet sy getroue dienaars wees - sonder om 'n dienaar van enige kerk en/of tradisie te word.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons