SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

SWARTZ, Nico P.. Die funksionaliteit van die martelaarsverhale in Victor van Vita se Historia Persecutionis (HP). In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.2, pp.1-8. ISSN 2305-0853.

Victor van Vita het geglo dat die Vandale se vervolging van die Christene in Noord-Afrika (429-489 n.C.) 'n straf van God was. Die Christene in Noord-Afrika was volgens hom immoreel en het losbandige lewens gelei. Lyding of marteling is hiervolgens 'n natuurlike resultaat van die mens se sonde. Victor verklaar in Pauliniese konteks dat die sondige liggaam deur middel van marteling vernietig word en dat die mens nie meer slaaf van die sonde sal wees nie. Victor wil dus die persepsie by die leser tuisbring dat marteling 'n goddelike en verlossende kwaliteit behels. Die uitbeelding van die martelaars se leefwyse moet die leser aanspoor om hulle dade na te streef. Hieromtrent bied die martelaarverhale 'n vierledige funksie vir die handhawing van morele waardes in die burgerlike samelewing. Dié funksies vergestalt die etiese, eksemplariese, filosofiese en aansporende dimensies van die martelaarsverhale in die Historia Persecutionis. Op grond hiervan is die martelaarsverhale in die Historia Persecutionis nie net as 'n literêre werk nie, maar dra dit ook by tot onderrig in die sedeleer.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons