Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
In die Skriflig
versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441
Resumen
STRONG, Philippa. Alleenlik Christus ... Die herstel van Jeugbediening. In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.1, pp.01-09. ISSN 2305-0853.
In hierdie artikel word 'n vars benadering aangaande die inhoud en fokus van die Bybelse boodskap wat in Jeugbediening oorgedra word, voorgestel. 'n Christosentriese boodskap, gebou op 'n Sola Scriptura- benadering, moet as fondament in effektiewe Jeugbediening dien. Dit word gedoen om die aandag op een van die bydraende faktore tot die huidige krisis in Jeugbediening te vestig, naamlik dat gedragsveranderingstegnieke gebruik word om te poog om geestelike groei by die jeug te bevorder. Só word jongmense egter nie tot geestelike volwassenheid gelei nie. Geestelike transformasie kan slegs plaasvind deur geloof in die Christosentriese boodskap van genade en die werking van Heilige Gees in 'n mens se lewe. Hierdie artikel neem standpunt in teen die moralisasie van jongmense deur gedragsveranderingstegnieke of die verkondiging van die Wet sonder die transformerende werk van die Gees van God. Vier fasette van 'n Christosentriese boodskap om in effektiewe Jeugbediening op te fokus, word voorgestel: eerstens, die genade van God as geskenk, tweedens, die Christen se status in Christus, derdens, die boodskap van die Koninkryk van God, en laastens, die belangrikheid daarvan om aan 'n persoonlike verhouding met God te bou.