Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
In die Skriflig
versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441
Resumen
NEL, Marius. Die funksie van ruimte in Daniël 1. In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.2, pp.01-07. ISSN 2305-0853.
Daniël 1 vertel hoe Daniël en sy vriende uit Jerusalem as hofamptenare in Babilon aangestel word. Die narratief word beheers deur verskeie belangrike verwysings na ruimte. Die Joodse jongmanne se lojaliteit aan Jerusalem en hulle verbintenis met die Tempel en tempelkultus, word deur die lojaliteit wat aan die koninklike hof van hulle verwag word, getoets. Dit word deur die nuwe name wat aan hulle gegee is, gedemonstreer - name wat waarskynlik met Babiloniese gode se name verband hou. Hulle strategie om aan JHWH lojaal te bly, berus op hulle versoek om 'n spesifieke soort voedsel te gebruik. Afsonderlike voedsel in teenstelling met dié van die koning, skep die ruimte waarbinne die bepalende kontras tussen Jerusalem en Sinar gehandhaaf kan word. Die vertelling in Daniël 1 word bepaal deur verwysings na ruimte, wat die Joodse leser in staat stel om die betekenis daarvan te begryp.