SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número2The Holy Spirit and preaching in the service índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

VAN DER WALT, Chris. Die dowes kan nie sien nie: 'n Opeenhoping van blind- en doofheid as saamgestelde tema in Jesaja 42 en 43. In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.2, pp.01-06. ISSN 2305-0853.

In die Bybel kom die woorde blind en doof nege keer saam in dieselfde sin voor. 'n Opeenhoping van hierdie sinne word in Jesaja 42 en 43 aangetref waar dit drie maal voorkom (Jes 42:18, 19; 43:8). Blindheid word ook in twee verdere sinne in hierdie hoofstukke genoem. Nie alleen word dit gestel dat die volk van God blind is nie, maar die volk beskuldig God dat Hy nie raaksien wat van hulle word nie (Jes 40:27). In die hemelse hof antwoord God op hierdie beskuldiging met die vrae 'Weet julle nie? Het julle nie gehoor nie?' Van daardie punt af maak God dit duidelik dat sien van hoor afhanklik is. Hierdie verkeerde persepsie van die volk oor God se sogenaamde blindheid vir hulle welstand tydens die ballingskap, word reggestel en 'n nuwe begin word gemaak. Die tema van blind- en doofheid word sodoende uit Jesaja 1 en 6 voortgesit in die uitspraak wat in die hemelse hof gemaak word (Jes 43). Daar word dit duidelik dat die oplossing vir die geestelike blindheid van die volk nie verband hou met hulle sig nie, maar met hulle gehoor.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons