Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
In die Skriflig
versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441
Resumen
DIRCKSEN, Marianne R. y BRITZ, Beate. Vyf dapper heidense vroue in die werk van Tertullianus. In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.2, pp.1-7. ISSN 2305-0853. http://dx.doi.org/10.4102/ids.v48i2.1777.
Historiese exempla word al sedert die agtste eeu v.C. as 'n retoriese strategie benut. Die Christen apologeet, Tertullianus, wat 'n grondige opleiding in retoriek ontvang het, was vertroud met hierdie tegniek. Lucretia, Cleopatra, Dido, 'Hasdrubal se vrou' en Leaena kom ook in die werke van Romeinse outeurs voor as tipiese voorbeelde van dapperheid. In sy Ad Martyres (4) groepeer Tertullianus al vyf saam as goeie voorbeelde van dapperheid in die aangesig van die dood. Vier van die voorbeelde kom in die Ad Nationes (1.18) voor en twee in sy Liber Apologeticus (50). Albei hierdie werke is geskryf om die Christene te verdedig. In Tertullianus se De exhortatione castitatis (13.3) en die De Monogamia (17) word na Lucretia en Dido as voorbeelde van kuisheid en monogamie verwys. Die eerste vier paragrawe wat die analise voorafgaan, gee die konteks en bevat agtergrondinligting oor die Christen apologete, 'n kort biografie van Tertullianus, 'n paar opmerkings oor die gebruik van geskiedenis as retoriese instrument en 'n bespreking van die plek van die vyf vroue in antieke heidense letterkunde. Die ondersoek na Tertullianus se gebruik van hierdie exempla om sy argument te versterk, dui aan dat hy die standaardvoorbeelde van heidense vroue aangepas het om by die Christelike konteks te pas, en illustreer hoe en waarom antieke retoriek deel van die Christelike literêre tradisie geword het.