SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1Moulding of a man of God: An evaluation of international debates on pastoral training in the light of perspectives from 1 and 2 TimothyPreaching as reframing of perspective índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    In die Skriflig

    versión On-line ISSN 2305-0853versión impresa ISSN 1018-6441

    Resumen

    VILJOEN, Francois P.. Die Dubbele Liefdesgebod. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-11. ISSN 2305-0853.  https://doi.org/10.4102/ids.v49I1.1869.

    Die Matteusevangelie is gedurende 'n periode van konflik tussen die Matteusgemeenskap en mede-Jode geskryf met die Fariseërs in 'n leidende rol. Die Matteusgemeenskap het van dieselfde geskrifte as hulle opponente gebruik gemaak. Hulle was steeds aan die Torah lojaal, maar het 'n unieke interpretasie daarvan gehuldig, gebaseer op die onderrig van Jesus. In hierdie artikel word die vorming van die Matteusgemeenskap ondersoek met inagneming van die Mediterreense beskouing van groepgeoriënteerde gemeenskappe wat tipies van die eerste eeu was. So 'n groep het aan individue 'n bewustheid van eie waarde verskaf te midde van 'n interaktiewe ondersteuningsisteem waarin liefde as samebindende faktor gefunksioneer het. Ondergeskiktes het onverdeelde lojaliteit teenoor hulle meerderes betoon vanweë die gunste wat hulle van die meerderes geniet het, terwyl hulle mekaar onderling ondersteun en versorg het, soos wat hulle na hulleself sou omsien. Deur die dubbele liefdesgebod van Matteus 22:34-40 vanuit hierdie perspektief te lees, kom betekenisvolle aspekte van die gemeenskap se identiteit na vore ten opsigte van hulle toewyding aan God en hulle beskouing van hulle naaste.

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )