SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

VAN ROOY, Herrie F.. Die Siriese weergawes van die Ou-Testamentiese aanhalings in Matteus. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-12. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i1.1916.

Die Evangelie van Matteus het 10 aanhalings uit die Ou Testament wat deur 'n formule met die werkwoord, ZZZZZZZZZZZZZZZZZZ, ingelei word. Hierdie artikel ondersoek die weergawe van 9 van die 10 aanhalings in drie Siriese weergawes van die Nuwe Testament, naamlik die Peshitta en die twee weergawes van die Ou Siriese Evangelies (Sinaiticus enCuretonianus). Die vraagstuk handel oor die verhouding van die drie Siriese weergawes tot mekaar, tot die Peshitta van die Ou Testament en die Griekse Evangelie. Vir die aanhalings in Matteus is hulle verhouding tot die Hebreeuse en Griekse Ou Testament baie belangrik. In die aanhalings wat bespreek word, maak die Griekse Nuwe Testament nie veel van die Septuagint gebruik soos dit vandag bekend is nie. Die Ou Testament Peshitta het die Oud Siriese Evangelies beïnvloed, maar nie tot dieselfde mate in al die voorbeelde nie. Hierdie invloed kon geskied het via Tatianus se Diatessaron. Tatianus het waarskynlik die teks van die Peshitta van die Ou Testament vir die Ou-Testamentiese aanhalings in die Evangelies gebruik. In die gevalle waar die Curetonianus en die Sinaiticus verskil, is die verskille waarskynlik te wyte aan pogings om die teks nader aan die Griekse Nuwe Testament te bring. Die Nuwe Testament Peshitta het waarskynlik met 'n teks naby aan die Oud Siriese begin, maar het dit dikwels aangepas om dit nader aan die Griekse Nuwe Testament te bring.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons