Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
In die Skriflig
versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441
Resumen
LOMBAARD, Christo. Bybelse Spiritualiteit en Transformasie. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.2, pp.1-6. ISSN 2305-0853. http://dx.doi.org/10.4102/IDS.V49I2.1950.
Transformasie is een van die sleutelelemente binne die menslike spiritualiteitsverskynsel en is een van die grondbeginsels van die studieveld binne die Christelike Spiritualiteitskunde. Transformasie behels betekenisvolle en diepgaande verandering in individue namate hulle deur die Heilige aangeraak word, groei in die belewenis van hulle geloof en hoe uitdrukking daaraan gegee word. Hierdie artikel plaas dié dinamiek binne die raamwerk van die akademiese dissipline van die Bybelse Spiritualiteit wat kortliks in die eerste gedeelte beskryf word. Nadat die transformasiekonsep in redelike besonderhede uiteengesit is, word die verwantskap daarvan aan, en die voorkoms daarvan in die Bybel omskryf.