Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
In die Skriflig
versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441
Resumen
STRONG, Philippa. Effektiewe Jeugbediening: Teologies-gedrewe in 'n Kulturele Konteks. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.3, pp.1-9. ISSN 2305-0853. http://dx.doi.org/10.4102/IDS.V49I1.1889.
Tans verkeer Jeugbediening grootliks in 'n krisis, aangesien dit verkeerd aangebied word. Kortliks behels hierdie krisis dat Jeugbediening daarin te kort skiet om jongmense tot volwasse Christenskap te lei. Navorsing toon verskeie faktore wat tot hierdie krisis bydra. Die artikel fokus op twee van hierdie bydraende faktore. Eerstens val die soeklig op die feit dat Jeugbediening tans metode- en sosiaal-gedrewe eerder as teologies- of spiritueel-gedrewe is. Die bespreking toon die belangrikheid daarvan om teologie en die behoefte daaraan as fondament in Jeugbediening te vestig. Die aanbeveling is dat daar 'n Christelik-teologiese raamwerk as fondament vir effektiewe Jeugbediening moet wees. Die fokus is op die betekenis en essensie van teologie met die Sola Scriptura benadering as deurgaans sentraal. Die tweede bydraende faktor tot die krisis is die feit dat kulturele relevansie in plaas van teologie verkeerdelik die hartklop en fondament van Jeugbediening gemaak word. Die artikel bied aan kultuur sy regverdige en relevante plek in Jeugbediening gebied sonder dat dit die fondament van Jeugbediening, naamlik teologie oorskadu. Postmodernisme en subkultuur geniet ook aandag. Ten slotte word die waarde vandie artikel uitgelig deur die oproep tot die terugkeer na Jeugbediening wat teologies vanuit 'n kulturele konteks gedryf word.