SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.118 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Scriptura

versión On-line ISSN 2305-445X
versión impresa ISSN 0254-1807

Resumen

SCHOEMAN, WJ  y  VAN ECK, Ernest. Die gelykenis van die verlore seun: eerste-eeuse ekonomie en die hoorders van Jesus / The parable of the prodigal son: First-century econmy and the hearers of Jesus. Scriptura [online]. 2019, vol.118, pp.1-12. ISSN 2305-445X.  http://dx.doi.org/10.7833/118-1-1387.

Jesus het die koninkryk van God verkondig, met die beginsel van algemene wederkerigheid as 'n kardinale aspek daarvan. Vir Jesus was dié koninkryk 'n alternatiewe sosiale wêreld teenoor en die onderdrukkende en uitbuitende sosiale stelsel van die Grieks-Romeinse wêreld. Hierdie artikel poog om die gelykenis van die Verlore Seun (Lukas 15:11-32), met as fokus Lukas 15:11-13, te analiseer teen die sosio-ekonomiese agtergrond van Palestina in die eerste eeu. Spesiale aandag word gegee aan die jongste seun se besluit om die huis te verlaat en moontlike motief daaragter. Daar word van die standpunt uitgegaan dat tekste die produkte is van die spesifieke sosiale stelsels waarin hulle ontstaan het, en daarom word die sosiaal-wetenskaplike benadering gebruik om dié teks te analiseer. Die konklusie waartoe gekom word, is dat die politieke- en belastingstelsel van die Grieks-Romeinse wêreld uiters uitbuitend was, terwyl die koninkryk van God, as alternatiewe sosiale orde, die beginsel van algemene wederkerigheid en die deel van hulpbronne voorgestaan het.

Palabras clave : Gelykenisse; Gelykenis van die Verlore Seun; Lukas 15; Volhoubaarheid; Algemene wederkerigheid; Antieke ekonomie.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons