SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

GROENEWALD, Gerald. "Een Spoorloos Vrouwspersoon": Ongetroude moeders, morele regulering en die Kerk aan die Kaap de Goede Hoop, circa 1652-1795. Historia [online]. 2008, vol.53, n.2, pp.5-32. ISSN 2309-8392.

Hierdie artikel is 'n ondersoek na die behandeling van ongetroude moeders deur die Nederduits-Gereformeerde Kerk (NGK) aan die Kaap de Goede Hoop gedurende die VOC-tydperk (1652-1795) met die veronderstelling dat n mens deur op n groep buitengewone mense te fokus, juis heelwat oor die algemene normatiewe gebruike van die tyd kan aflei. Vir die grootste gedeelte van sy geskiedenis gedurende hierdie tyd, was die NGK nie juis bevooroordeeld teenoor ongetroude moeders en hulle buite-egtelike kinders nie. Dit het sulke kinders bloot gedoop en nie teen die moeders opgetree nie. Die houding het in die 1780's verander toe die Kerk begin het om toegang tot sy twee sakramente - die doop en Nagmaal -aan buite-egtelike kinders en hulle ouers te weier. In hierdie artikel word die groeiende obsessie met die regulering van die gedrag van enkellopende vroue deur 'n gedetailleerde ondersoek na doopaansoeke vir buite-egtelike kinders en sensuurgevalle aangaande ongetroude moeders aangedui. Daar word geargumenteer dat die oorsprong van hierdie beweging beide in plaaslike Kaapse ontwikkelinge, naamlik die sosio-ekonomiese omwentelinge wat deur die revolusionêre oorloë veroorsaak is, én - miskien primêr - in die veranderende houdings tot moederskap wat weens die idees van die Verligting en die Piëtisme ontwikkel het, te vinde is. Hierdie nuwe ideologie is aan die Kaap deur die NGK-predikant H.R. van Lier versprei, wat bestaande gereformeerde dogma oor die sakramente gebruik het ten einde die moraliteit van ongetroude moeders te reguleer.

Palabras clave : Buite-egtelikheid; bywywery; doop; enkellopende vroue; gender; H.R. van Lier; huwelik; Kaapstad (1652-1795); moederskap; moraliteit; morele regulasie; Nagmaal; Nederduits-Gereformeerde Kerk; Piëtisme; privaatheid; ras; sensuur; slawerny; Verenigde Oost-Indische Compagnie (VOC); Verligting; Vierde Anglo-Nederlandse Oorlog; vryswartes.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons