SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 número2En route to "Dignity Day": the South African Chinese and historical commemorationsOn the republican idea: an exercise in remembrance índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

GARABA, Francis  y  NGULUBE, Patrick. Aanbeweeg met tyd in die soeke na permanensie: die digitalisering van die "bevrydingstryd" argiewe in suidelike Afrika. Historia [online]. 2010, vol.55, n.2, pp.163-181. ISSN 2309-8392.

Die bevrydingstryd was vir suidelike Afrika 'n belangrike tydperk in die moderne geskiedenis. Gevolglik moet hierdie geskiedenis akkuraat vir die nageslag opgeteken word. Die afgelope tyd was daar 'n doelbewuste poging deur akademici, argivarisse en inligtingpraktisyns om versamelings dokumente wat met die bevrydingstryde in suidelike Afrika verband hou, te bewaar, te digitaliseer en op die web te versprei. Digitalisering is die rekenaarmatige vasleggings- en bergingsmetode vir beeldmateriaal ten einde die aanlyn beskikbaarheid van inligting te bewerkstellig. "Bevrydingstrydargiewe" bestaan uit 'n verskeidenheid vorme wat illustreer hoe divers die bevrydingsproses was. Die stryd om selfbeskikking is deur middel van gewelddadige en nie-gewelddadige metodes gevoer. Die gewapende stryd weerspieël die gewelddadige aard van die stryd, terwyl weerstandsbewegings en drukgroepe die diplomatiese inisiatief verteenwoordig. Die digitalisering van rekords wat op hierdie manier geskep is, bevestig die uitgangspunt dat hierdie argiewe deel van Afrika se erfenis is wat vir toekomstige geslagte bewaar moet word. Dit moet jaloers as 'n waardevolle hulpbron gekoester word. By die uitvoering van die digitalisering daarvan, is dit egter nodig om buitengewone omsigtigheid aan die dag te lê binne die raamwerk van die politisering wat sinoniem met die proses was, veral wat toegang en kopieregbeperkings betref. Die saak wat aangespreek behoort te word, het betrekking op die kommodifisering van die Afrika-erfenis deur diegene met die finansiële en tegnologiese slaankrag, terwyl die sogenaamde bevoordeeldes verarm ten opsigte van eienaarskap, volhoubaarheid, ondervinding, befondsing, ensovoorts. Met ander woorde, digitalisering kan Afrika se kultuurerfenis kwesbaar laat ten opsigte van kommersiële uitbuiting en dus die digitale kloof verskans.

Palabras clave : Afrika erfenis; digitale kloof; etiese vraagstukke en digitale rekords; bevrydingstryd projekte; bevrydingstryd argiewe; suidelike Afrika; digitaliseringprojekte; bewaring en toegang.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons