SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

HENDRICH, Gustav. Die geskiedenis van Afrikanerbetrokkenheid in die Rhodesiese tabakbedryf (1890-1980). Historia [online]. 2011, vol.56, n.2, pp.43-58. ISSN 2309-8392.

OPSOMMING Die tabakbedryf in Rhodesië (vandag Zimbabwe) het ongetwyfeld 'n kardinale rol in die ekonomiese ontwikkeling van Rhodesië gespeel. Sedert die Britse kolonialisering van Rhodesië gedurende die 1890's het die klem van goudontginning en algemene landbouproduksie geleidelik na die opkomende tabakbedryf verskuif. Alhoewel die maatskappybewind van die British South Africa Company die fondament van die bedryf gelê het, kon die teenwoordigheid van Afrikaners binne die tabakbedryf nie sonder meer ontken word nie. As oorwegend landelike gemeenskap is die toetrede van Afrikaners tot die bedryf egter dikwels deur allerlei probleme en mislukkings gestrem. As gevolg van verbeterde meganisasie, boerderypraktyke en omstandighede na die Tweede Wêreldoorlog, kon Afrikaners meer effektief aan die uitbreiding van die bedryf deelneem. Mettertyd sou hierdie Afrikanertabakboere insgelyks tot die verbouing van Rhodesië se primêre uitvoerkommoditeit bydra. Hierdie artikel het ten doel om die betrokkenheid, probleme en welvaart van Afrikanertabakboere binne die geskiedkundige konteks van die Rhodesiese tabakbedryf te bespreek.

Palabras clave : Afrikaners; boere; British South Africa Company; Eensydige Onafhanklikheids-verklaring; Rhodesië; tabakbedryf; veilingsvloere.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons