Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Historia
versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X
Resumen
HOOGENRAAD-VERMAAK, Salomon. Die rol en bydrae van die Stedelike Stigting tot die politieke hervorming van Suid-Afrika: 1976-1995. Historia [online]. 2011, vol.56, n.2, pp.133-153. ISSN 2309-8392.
Die Stedelike Stigting/Urban Foundation is in reaksie op die 1976-onluste en kwynende ekonomie gestig. Die doel was om die sakegemeenskap te verenig om toenemende verstedeliking te bestuur, sodat politieke onrus bekamp kon word, stedelike swartes se lewens verbeter kon word en 'n rol in die ekonomie aan swartes gegee kon word. Die Stigting het buiten vir 'n ontwikkelingsagentskapsrol, ook 'n veranderingsagentskapsrol gespeel. Die gemeenskapsontwikkelingsrol van die Stigting was baie suksesvol. Die veranderingsagentskapsrol was op verandering van die sakegemeenskap, maar ook van die politiek gerig. Dit het daartoe bygedra dat die sakegemeenskap verdemokratiseer het en beperkende en diskriminerende wetgewing gewysig is. Meer nog: die Stigting het 'n wesenlike en selfs deurslaggewende rol in die politieke hervorming in Suid-Afrika gespeel.
Palabras clave : Consultative Business Movement (CBM); gemeenskapsbetrokkenheid; gemeenskapsontwikkeling; Onafhanklike Ontwikkelingstrust (OOT); ontwikkelingsagentskapsrol; politieke hervorming; politieke rol van sakelui; politieke verandering; sosiale opheffing; sosio-ekonomiese verantwoordelikheid; Stedelike Stigting; Suid-Afrikaanse sakegemeenskap; veranderingsagentskapsrol; verstedeliking.