Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Historia
versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X
Resumen
SNYDERS, Hendrik y SWART, Sandra. "Discontented scoundrels who crowd the mercantile marine today". Labour relations regimes of the Cape and Ichaboe guano trade, c. 1843-1898. Historia [online]. 2013, vol.58, n.1, pp.51-75. ISSN 2309-8392.
Ghwanoversameling met behulp van basiese tegnologie (kruiwaens, pikke, grawe en koevoete) op dikwels afgelëe en onherbergsame kuseilande aan die Atlantiese kus, het tot gevolg gehad dat die 19de eeuse bedryf tereg as primitief, en werksomstandighede as onaangenaam en lewensbedreigend beskryf is. Teneinde kostes laag te hou en maksimale voordeel uit die bedryf te verkry, het beide die Kaapse koloniale owerhede en ghwano- entrepeneurs nie gehuiwer om werkers uit te buit en 'n verdrukkende arbeidsbedeling gekenmerk deur voedselrantsoenering, kredietverlening, beperkende kontrakte en uitgestelde betalings in te stel en instand te hou nie. Verdermeer het hulle toegang tot die koloniale strafregstelsel gebruik om kontrakbreuk en drostery tot die minimum te beperk. Die ghwano arbeidsmag het egter nie hierdie situasie stilswyend aanvaar nie en het, soos wat dit uit hierdie artikel blyk, hulle aktief teen uitbuiting en marginalisering verset. Gevolglik is die Kaapse owerhede gedwing om op te tree en met ingang vanaf 1898 die stelsel waarop die ghwanobedryf voortaan bestuur sou word, wesenlik verander.
Palabras clave : ghwano; bemesting; arbeidbedeling; verset; Kaap Kolonie.