SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 número2Klaas Koen: identity and belonging in the Berlin Mission Society during the late nineteenth centuryEn route to "Dignity Day": the South African Chinese and historical commemorations índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Historia

    versión On-line ISSN 2309-8392versión impresa ISSN 0018-229X

    Resumen

    THOMPSON, P.S.. Pietermaritzburg in the Great War: corporate patriotism and civic sacrifice. Historia [online]. 2014, vol.59, n.2, pp.171-193. ISSN 2309-8392.

    Die stad Pietermaritzburg was die hoofstad van die Suid-Afrikaanse provinsie van Natal. Die wit politieke bestel was agtergrond- en sentimentgewys oorheersend Engels, en die reaksie daarvan op die oorlogsverklaring was geesdriftig pro-Brits. Hierdie artikel rekenskap van die korporasie se oorlogspoging en die burgerlike opofferings wat dit ingehou. Die Stadsraad het konsekwent die imperiale beweegrede ondersteun, en die korporasie het die personeel aangemoedig om vrywillig vir militêre diens aan te meld, terwyl dit milde toelae aan hulle en hul families voorsien het. Patriotiese organisasies is tot stand gebring om vrywillige diens te bevorder, om fondse vir noodleniging in te samel en hulpmiddele en geriewe aan die troepe te voorsien. Plaaslike vroue het 'n belangrike rol met betrekking tot fondsinsameling en hulpmiddele en geriewe vervul. Teen die einde van die eerste oorlogsjaar is hierdie aktiwiteite gereguleer en patriotiese handhawing verwesenlik. Patriotisme het nie gewankel nie, maar teen 1916 was die moreel getap weens toenemende ongevalle op die front en tekorte en inflasie tuis. Teen 1918 kon oorloguitputting nie langer verberg word nie en plaaslike owerhede het begin soek na nuwe maniere om volksmoreel te handhaaf. Die reaksie op die aankondiging van die wapenstilstand was geesdriftig Brits, maar met diepe verligting en dankbaarheid.

    Palabras clave : "Great War"; Eerste Wêreldoorlog; tuisfront; Pietermaritzburg; Britse imperiale patriotisme; grondgebied-patriotisme; oorlogsnoodleniging; Goewerneur-Generaalsfonds.

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )