SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número2"Fools rush in": writing a history of the concentration camps of the South African War índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

DE KLERK, Pieter. De Zuid-Afrikaan se kommentaar op vraagstukke rakende bruin en swart mense in die Kaapkolonie tydens die redakteurskap van J.H. Hofmeyr (1871-1883). Historia [online]. 2016, vol.61, n.2, pp.101-120. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2016/v61n2a5.

In die laat negentiende eeu was Jan Hendrik Hofmeyr (1845-1909) die leidende figuur in die Afrikanerbond, 'n prominente politieke party in die Kaapkolonie wat die belange van die blanke Afrikaanssprekende inwoners bevorder het. Hy was van 1871 tot 1883 ook redakteur van die Nederlandstalige koerant De Zuid-Afrikaan en sy beskouinge oor vraagstukke wat die bruin en swart inwoners van die kolonie raak kom in die redaksionele kolomme na vore. Die blad se standpunt rakende stemreg, militêre diens, arbeid, onderwys en die regeringsbeleid teenoor die swart mense in die oostelike grensgebied van die kolonie word in hierdie artikel bespreek. Om die probleem van arbeidstekorte op te los het Hofmeyr die invoer van werkers uit Indië, China en gebiede aangrensend aan die Kaapkolonie bepleit. Hy het hom aangesluit by die sogenaamde Kaapse liberale tradisie wat betref stemreg en die opname van die inheemse bevolking in die gedeeltelik verwesterste samelewing van die kolonie. In die jare van sy redakteurskap was hy ten gunste daarvan dat 'n groot aantal Europese immigrante asook bruin mense uit die Wes-Kaap in die oostelike dele van die kolonie gevestig word ten einde die proses van verwestersing van die swart inwoners te bespoedig.

Palabras clave : J.H. Hofmeyr; De Zuid-Afrikaan; Kaapkolonie; bruin mense; stemreg; arbeidsvraagstukke; inboorlingbeleid.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons