SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 número2"Fools rush in": writing a history of the concentration camps of the South African War índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

TEMBO, Alfred. After the deluge: Appraising the 1970 Mufulira mine disaster in Zambia. Historia [online]. 2019, vol.64, n.2, pp.109-131. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2019/v64n2a5.

Hierdie artikel poog om die plek van die Mufulira-mynramp binne die breëre mynbouhistoriografie van post-koloniale Zambië te bepaal. In die vroeë oggendure van 25 September 1970 het ongeveer twee miljoen ton water en slik die hoofwerkgebied van die Mufulira-kopermyn in die Zambiese Koperstreek oorstroom. Die slik het die hoof- en tussenvervoerstelsel van die myn verstop en het drie skuinsskagte, 'n bystandklipbreker en pompstasies buite werking gelaat. Hierdie vloed, die ergste mynramp in die land se myngeskiedenis, het die dood van 89 mynwerkers veroorsaak en bykomende sosio-ekonomiese gevolge gehad met die hervestiging van hulle weduwees en weeskinders. Die ramp het ook tot 'n afname van tot soveel as 50 persent in die koperproduksie, die belangrikste buitelandse valutaverdiener, van die land gelei. Die gevolglike daling in die generering van owerheidsinkomste as gevolg van 'n afname in koperproduksie, het 'n invloed op die fiskus van die land gehad. Van groter belang is dat hierdie tragedie in 'n tyd van ernstige sosiopolitieke uitdagings in die nuut-onafhanklike Zambiëstaat plaasgevind het. Terwyl die Mufulira-mynramp die aandeelhouers, die staat en die gesinne van die gestorwe mynwerkers negatief beïnvloed het, het dit ook positiewe veranderinge tot gevolg gehad deurdat nuwe mynveiligheidstandaarde in die Koperstreek en die res van die mynbedryf ingestel is.

Palabras clave : Zambië; mynbou; Mufulira; Koperstreek; Roan Selection Trust.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons