SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.66 número1Food, nutrition and the Afrikaans housewife in Die Huisvrou, 1922-1945Programmes of frivolity on ice? Hockey, business, diasporic identity and apartheid in South Africa, 1936-1992 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Historia

    versión On-line ISSN 2309-8392versión impresa ISSN 0018-229X

    Resumen

    LA GRANGE, Anna  y  BLIGNAUT, Charl. The iconography of Afrikaner nationalism and Ossewa-Brandwag's 'ideal of freedom' in the South African internment camps of the Second World War. Historia [online]. 2021, vol.66, n.1, pp.88-118. ISSN 2309-8392.  https://doi.org/10.17159/2309-8392/2021/v66n1a4.

    Die Ossewa-Brandwag (OB) was ten nouste geraak deur die noodregulasies van die Unieregering, onder leiding van Jan Smuts, gedurende die Tweede Wêreldoorlog. As organisasie wat openlik pro-Duits en anti-Brits was, en boonop aktief verset het teen Suid-Afrika se deelname aan die oorlog, is die OB in besonder deur die owerheid geteiken. Die OB se ideologiese grondslag was op 'n sterk Afrikanernasionalistiese basis gebou wat in lyn met Nasionaal-Sosialisme gebring is om die beweging as alternatief op partypolitiek voor te hou. OB-lede het Afrikanernasionalistiese sentimente gehandhaaf wat neergekom het op verset teen Brittanje met die oog op die verkryging van 'n onafhanklike republiek - die sogenaamde "vryheidsideaal". Gevolglik het OB-lede se aktiewe verset tot grootskaalse internering gelei. Hierdie artikel fokus op die Suid-Afrikaanse interneringskampe van die Tweede Wêreldoorlog en bespreek die nasionalistiese ikonografie wat in die artefakte geskep deur geïnterneerde OB-lede na vore tree. Die artefakte word bespreek teen die breër agtergrond van Afrikanernasionalisme en die ideologie van die OB. Die OB was gekenmerk deur n spesifieke vorm van Afrikanernasionalisme en die vryheidsideaal, sentraal tot die beweging se ideologie, was gekombineer met bestaande Afrikanernasionalistiese doelwitte en ikonografie wat vergestalting gevind het in die kreatiewe uitdrukkings van geïnterneerdes se eie nasionalistiese sentimente. Voorts reflekteer die artefakte die integrasie van Afrikanernasionalistiese ikonografie en die vryheidsideaal met die persoonlike kontekste van gevangenisskap wat illustreer hoe politieke mites omskep kan word in vorme wat betekenis bied vir teenswoordige tydgenootlike kontekste.

    Palabras clave : Ossewa-Brandwag; Tweede Wêreldoorlog; Afrikanernasionalisme; noodregulasies; internering; interneringskampe; Koffiefontein; verset.

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )