SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.67 número1Cannabis policing in mid-twentieth century South Africa índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

SECHELE, Unaludo. From minors to equals? Kalanga women and marriage legislation in post-colonial Botswana, 1966-2005. Historia [online]. 2022, vol.67, n.1, pp.114-143. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2022/v67n1a5.

Hierdie artikel bestudeer plattelandse Kalanga vroue se reaksies op huwelikswetgewing in Botswana tussen 1966 en 2005. Daar kan aangevoer word dat dié wetgewing nie daarin geslaag het om die breër ongelykheid tussen mans en vroue in Botswana uit te daag nie. Dit word selfs duideliker wanneer vroue geïdentifiseer word as lede van 'n etniese minderheidsgroep wat in die platteland woon. Hierdie artikel bespreek die wyse waarop moderniteit, tradisie en gebruike, en die wet, vandag in Botswana byeen kom. Die doel is om te wys hoe sommige vroue gereageer het op die afskaffing van huweliksmag, met 'n fokus op hul perspepsies van die huwelik. Met 'n fokus op Kalanga vroue, stel die studie ondersoek in na reaksies op Botswana se grondwet van 1966, die huwelikswette van 1967, en die Afskaffing van Huweliksmag Wet van 2004. Laastens word daar ondersoek ingestel na die geslagtelike impak van hierdie wette - sowel as die ingewikkelde diskoerse rondom die eg en menseregte - op die geleefde ervaring van Kalanga vroue. Die artikel besin oor die uiteenlopende wyses waarop vroue hul stryd om erkenning binne hul etniese groepering onderhandel het, en terselfdertyd ook hoe hulle hul minderwaardige posisie as vroulike eggenote onder beide Botswana se wetgewing en 'n patriargale orde omseil het. Sommige van die vroue in hierdie studie het verkies om 'n meer "tradisionele" vorm van ongelykheid binne die huishouding te steun. Alhoewel hierdie studie nie daarop kan aanspraak maak om om alle Kalanga vroue te verteenwoordig nie, stel dit wel belangrike vrae oor Botswana se gender agenda, en daardeur word verdere vrae gestel oor die voortsetting van die patriargie en vroue se agentskap in Botswana.

Palabras clave : Botswana; 2004 Abolition of Marital Power Act; vroue se agentskap; Kalanga vroue; patriargie.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons